Your Recipe Blog

SUIDWES MELKTERT

Cook: ± 20 minute | Servings: 2 x 1 liter terte of 1 x 28 cm deursnee tert

SUIDWES MELKTERT

  • Kors:
  • 125 g margarien
  • 60 ml witsuiker
  • 1 eier
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knypie sout
  • Vulsel:
  • 1,5 liter melk
  • 60 ml (50 g) margarien
  • 4 eiers
  • 250 ml witsuiker
  • 150 ml mielieblom
  • 125 ml koekmeel
  • knippie sout
  • 5 ml vanilla geursel
  • kaneel

Kors:
Smelt margarien oor lae hitte. Klop die witsuiker en eier vinnig daarby.  Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eiermengsel.  Druk die deeg met die vingers teen die wand en op die boom van twee tertborde, elk met ‘n volume van 1 liter of in een “springform” pan met ‘n deursnee van 28 cm.  Prik die korse en hou dit eenkant.

Vulsel:
Kook die melk en botter of margarien in ‘n dikboomkastrol. Klits die eiers en witsuiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik.  Voeg die mielieblom, koekmeel, sout en vanilla geursel by en klits dit verder totdat alles by die eiermengsel ingeklits en daar geen klontjies is nie.  Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel.  Klits die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel.  Plaas dit terug op die warm stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit begin kook.  Skakel die plaat af, sit die deksel op en laat die vulsel ‘n paar minute staan.

Wanneer vulsel effens afgekoel het, giet die louwarm vulsel in die 2  x 1 liter rou kors(e) of in die 28 cm “springform” pan. Sif kaneel oor.
Bak die terte ongeveer 20 minute lank in voorverhitte oond by 180 ºC totdat die korse gaar is.

Resep en foto:  Liezel Willers

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page