Your Recipe Blog

STROOP VIR GEKLEURDE SPRINGMIELIES

STROOP VIR GEKLEURDE SPRINGMIELIES

Ek verpak dit in sakkies, myne is by die 2de of 3de dag nog lekker, word nie sommer pap nie.

  • 500 ml suiker
  • 90 ml margarien
  • 75 ml water
  • 5 ml kleursel, afhangende hoe donker jy die kleur verkies
  • 5 ml geursel van enige keuse
  • 1 koppie rou mielies, gespring

Plaas al die bestanddele, behalwe die springmielies, in ‘n pot op die stoof en bring tot kookpunt.
Kook die mengsel tot dit ‘n skuimstadium bereik.
Verwyder die pot van die stoof en voeg die springmielies by.
Meng goed en vinnig tot alles deur gemeng is. Hoe kouer die stroop word, sal dit ook suikerig word.
Giet die mengsel uit op ‘n oppervlak soos ‘n skinkbord en laat dit afkoel en droog word.

Resep en foto: Gerda Bosch

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page