STEURGARNAALKELKIE
- 500 g skoongemaakte klein garnale, reeds geblansjeer
- 500 g krapstokkies, reeds geblansjeer
- 1 suurlemoen se sap, uitgedruk
- swartpeper, volgens smaak
- medium komkommer, fyn gekap
- 1 ui fyngekap
- 500 ml 1000 Island sous
- 3 medium avokado’s
- suurlemoenskyfies
- gekerfte blaarslaai
Meng al die bestanddele saam, behalwe die suurlemoenskyfies en avokado’s.
Gebruik ‘n klein glasbakkies, een per persoon. Plaas gekerfte blaarslaai onder in die bakkie.
Skep die garnaalmengsel in die glasbakkies en garneer met die avokado’s en suurlemoenskyfies.
Dis genoeg vir 8 bakkies. Heerlike seekos voorgereg
Resep en foto: Magde Van der Kolff