Your Recipe Blog

SPINASIEHAPPIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute | Servings: 12 happies

SPINASIEHAPPIES

  • 1 rol skilferkorsdeeg
  • 15 ml gesmelte botter
  • 4 repies spek
  • ½ houer roomkaas
  • 1 groot eier
  • 15 ml olyfolie
  • 2 koppies gekapte spinasie
  • 1 wiel Fetakaas, gekrummel
  • sout en peper na smaak

Verhit oond tot 200 °C en verf kolwyntjiepanne met gesmelte botter.
Rol skilferkors oop en sny in 12 ewe groot blokke. Druk blokke in kolwyntjiepan. Verkil in yskas.
Sny spek in blokkies en braai.
Verhit roomkaas in mikrogolf tot sag en meng tot glad. Meng eier en olie by.
Meng spek, spinasie, Fetakaas, sout en peper en voeg roomkaasmengsel by. Meng goed.
Skep vulsel in skilferkorsbakkies, vou vier punte na mekaar toe en druk vas.
Verf liggies met gesmelte botter bo-oor.
Bak vir 20 minute tot goudbruin en gaar.

Laat vir 10 minute in pan afkoel en bedien.

Resep geplaas deur Elsa van Kradenburg Fourie – Mareli Visser
Foto: Elsa van Kradenburg Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page