Your Recipe Blog

SPINASIE, UIE, SPEK EN FETA QUICHE

SPINASIE, UIE, SPEK EN FETA QUICHE

  • Kors:
  • 100 g koekmeel
  • 100 g botter/matgarien
  • 100 g gerasperde cheddar kaas

Plaas alles in ‘n voedselselverwerker. Verwerk tot ‘n sagte deeg.
Druk in tertborde uit – 1 diep glas tertbord, of 2 ronde foelie tertborde.

  • Vulsel:
  • 450 g spinasie, grof gekap en blansjeer
  • 200 g spinasie stingels, fyn gekap
  • 1 ui gekap
  • 200 g swoerdlose spek, gekap
  • 2 wiele fetakaas
  • Grof gemaalde swartpeper na smaak
  • Afronding:
  • 3 eier
  • Kwart koppie melk of room
  • 1 – 2 wiele feta kaas

Braai uie en spek tot uie deurskynend is. Voeg spinasie, stingels en peper by, krummel feta laaste by en meng goed, skep in kors.
Klits eiers met  melk of room. Krummel 1 tot 2 wiele feta kaas by die eiermengsel in, klits goed en gooi oor quiche. Garneer met peppadews en gekapte sprietuie.
Bak teen 180°C tot gestol.

Fotos en Resep: Petré van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5