SPINASIE-, FETA- EN HOENDERFRIKKADELLE
“Hierdie kan ‘n versnapering of deel van ‘n hoofmaaltyd wees… maar dit is heerlik en ‘n interessante verandering op gewone frikkadelle! So, hierdie is spinasie, feta en hoender frikkies… vinnig en maklik! En keto/diabeties vriendelik. Die resep maak enigiets van 32 – 50 frikkadelle, afhangende van die grootte. Dit vries uitstekend.”
- 1 kg hoendermaalvleis
- 1 pak bevrore spinasie, ontvries en al die water goed uitgedruk
- 1½ teelepels sout
- 1½ teelepels peper
- 2 teelepels knoffelpoeier
- 2 teelepels oreganum
- 2 teelepels dille
- 2 eiers
- ½ koppie amadelmeel (of gewone koekmeel as jy nie ‘keto’ is nie)
- 2 wiele Feta, gekrummel
Meng al die bestanddele saam (die mengsel is redelik slap). Skep met ‘n lepel op ‘n bakplaat, uitgevoer met bakpapier, en bak by 190 °C vir 35 – 40 minute tot goudbruin en deurgaar.
Resep en foto: Ilze Jacobs