Your Recipe Blog

SPINASIE- EN BEETSLAAI MET ‘N TROPIESE TWIST

SPINASIE- EN BEETSLAAI MET ‘N TROPIESE TWIST

Ek het weer besef dat slaai regtig iets is waar mens na hartelus al mens se gunstelinge bymekaar kan sit, en met so bietjie verbeelding het mens ‘n pragtig slaai.
Al die hoeveel vir hierdie slaai hang af van vir hoeveel mense jy die slaai voorberei.

  • vars spinasie, lekker fyn gekap
  • heel beet, in die oond gebak tot gaar en in wiggies gesny
  • mango, in repies of blokkies gesny
  • avokado, in blokkies gesny (spoel die blokkies in yswater af dan verkleur dit nie)
  • spek, in klein blokkies, bros gebraai
  • pekanneute, grof gekap
  • bosbessies, na smaak (cranberries)
  • vars kruisement, fyn gekap
  • grof gemaalde swartpeper
  • Slaaisous:
  • heuning
  • soet rissiesous
  • baie min suurlemoensap, pasop vir te suur

Pak die spinasie heel onder op ‘n mooi slaaibord.
Pak die res van die bestanddele bo –op die spinasie mooi gerangskik.
Ek het van die mango in lang repe gesny en onder gepak en toe weer bietjie in blokkies gesny en heel bo-op saam met die avokado gesit.
trooi laaste die neute oor en sprinkel die kruisement oor.
Meng baie min slaaisous, skep hier en daar ‘n lepel vol oor die slaai, en bedien die res van die slaaisous apart, alhoewel ek gevoel het die wat reeds oor die slaai is, was voldoende.
Regtig ‘n heerlike slaai wat sommer ook kan dien as ‘n ligte maaltyd indien verkies.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page