“SPICY” HOENDERLEWERTJIES MET BYT
- 500 g x 2 skoongewaste hoenderlewertjies
- 3 medium grootte uie, ringe gesny
- 1 groot groenrissie, gekap
- 3 mediumgrootte tamaties, gekap
- gaar aartappel, in blokkies gesny
- ¼ koppie water
- ½ teelepel sout en swart peper na smaak
- 1 eetlepel peri-peri speserye (dalk ‘n bietjie meer vir ‘n warmer smaak)
- 1 eetlepel paprika
- 1 eetlepel hoenderspeserye
- 1 eetlepel “spicy” kerriepoeier
- bietjie Worcestersous
- bietjie bisto om te verdik
Braai die uie, groenrissie en lewertjies in die olyfolie en die “spices” tot feitlik gaar.
Voeg tamaties by. Voeg gaar aartappel blokkies by.
Voeg die water by en prut vir 10 minute terwyl dit versigtig geroer word.
Verdik sous met bietjie bisto.
Nota:
Franse brood gerooster vir opdiening.
Resep en foto: Mariè Fourie