SPESIALE GRANADILLAKOEK
- Koekbeslag:
- 250 g margarien
- 375 ml strooisuiker
- 4 groot eiers
- 750 ml koekmeel
- 25 ml bakpoeier
- 1 x 115 g (blikkie) granadillamoes
- 125 ml granadillasap
- 250 ml drinkbare granadillajogurt
Voorverhit oond tot 180ºC. Voer 2 koekpanne (20 cm) met bakpapier of liggies gesmeerde botterpapier uit.
Klits margarien en suiker tot lig van kleur en romerig.
Voeg eiers een vir een by en klits baie goed met elke byvoeging.
Sif droë bestanddele saam en vou om die beurt met granadillamoes, sap en jogurt by eier-bottermengsel in.
Skep beslag in koekpanne en bak vir 30 minute.
Laat koeke heeltemal afkoel voordat dit versier word.
- Versiersel:
- 125 g margarien
- 500 ml versiersuiker
- 75 ml granadillajogurt
- 25 ml suurlemoensap
Klits margarien en versiersuiker tot lig van kleur.
Klits jogurt en suurlemoensap by.
Meng goed deur.
Smeer kwart van versiersel tussen die twee lae en ‘n kwart op boonste laag.
Plaas die res in ‘n spuitbuis en versier die koek na smaak.
Garneer boonste laag met kiwiskyfies indien verkies of na smaak.
Resep: Magda Graaff
Foto: Susan Lockem