SPEK IN DIE OOND
Ek maak spek in die oond gaar.
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Sit ‘n draadrakkie op ‘n bakplaat.
Meng meel met ‘n bietjie peper, paprika en knoffelvlokkies.
Doop repies spek in die meel, skud oortollige meel af.
Plaas die spek op die draadrakkie met so paar mm tussenin.
Bak vir 30 minute.
Jy hoef nie die meel te gebruik nie – sit sommer net die repies spek direk op die rakkie.
Die meel maak hom bietjie meer “crispy”.
Hier in die VSA is die spek baie vetterig. As ek dit op hierdie manier maak, drup meeste van die vet af in die bakplaat. Dan gooi ek dit agterna in ‘n beker wat ek in die yskas hou. Gebruik dit vir alles wat ek in ‘n pan braai.
Resep en foto’s. Debbie Edwards