Your Recipe Blog

SPEK- EN KAASMUFFINS

Recipe by
Cook: 30 min | Servings: 9 muffins

SPEK EN KAASMUFFINS

  • 250 g koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 250 g spek, gaargemaak en fyn gesny
  • 125 g cheddar kaas, gerasper
  • handvol vars gekapte pietersielie
  • 2 eiers
  • 125 g margarien, gesmelt
  • 250 ml melk, ekstra melk indien nodig

Voorverhit oond tot 180°C.
Bespuit die holtes van ‘n diep muffin pan.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Voeg die spek, kaas en pietersielie by en meng goed.
Klits die eiers, voeg die melk en margarien by en klits goed.
Giet by die droë bestanddele en roer liggies tot net deurgemeng. (as beslag te droog is voeg nog bietjie melk by, tot die beslag bind)
Skep die muffinholtes goed vol en bak sowat 30 min lank.
Laat afkoel.
Bedien met konfyt en kaas.

Resep en foto:  Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page