SPEK EN AVOKADO PIZZA
Ek het ‘n Eureka Mills Pizza pre-mix pakkie meel gekoop, wat net met water en olie aangemaak word en ek het 3 groot pizzas se deeg uit gekry, maar jy kan 4 x 200 g deeg uit so pakkie kry. Andersins, kan jy my beproefde “go-to-deeg” resep probeer… dit werk… glo my!
- 2 koppie bruismeel
- 250 ml gewone wit jogurt
- bietjie sout
Meng alles goed saam tot ‘n elastiese deeg.
Laat rus vir 15 minute.
Rol uit en plaas in die pan waarin jy die pizza gaan maak.
- Plaas bo-op die deeg die volgende:
- tamatie pasta of sommer tamatie sous
- knoffel
- soet balsamiese asyn uie (resep onderaan)
- Bolaag:
- groen soetrissie, fyn gesny
- 250 g stukkies spek
- 6 gesnyde salami stukkies, opgesny in repies
- swart olywe, in kwarte gesny
- soet pikante rissies, opsioneel
- Mozzarella kaas, gerasper
- 1 avokado, in skywe gesny
- 10 kappertjie saad
- bietjie oregano
Sprei die bolaag bestanddele oor die deeg.
Sprinkel die kaas oor.
Bak in oond vir 15 – 20 minute by 180°C.
- BALSAMIESE ASYN UIE
- een groot ui, opgesny in ringe of blokkies
- olie
- 30 ml balsamiese asyn
- 30 ml bruinsuiker
Braai die ui in bietjie olie, voeg die bruinsuiker en balsamiese asyn by die uie en laat stadig kook tot ‘n taai sous. Gebruik bo-op jou pizza en geniet.
Resep eh foto: Heleen Brummer Nel