SOUSERIGE HOENDER
Resep en foto: Ilze Jacobs
My souserige hoender vanaand.
- 1 groot ui, in 8 skywe gesny
- 7-8 hoenderdye, beenloos en sonder vel
- hoender speserye
- 125 ml griekse jogurt
- 75 ml mayonnaise
- 75 ml tamatiesous
- 125 ml chakalaka
- ½ pakkie “cream of vegetable” soppoeier
- Plaas die 8 snye uie ‘n gesmeerde oondbak.
- Pak die hoender bo-op en geur met hoenderspesery na smaak.
- Meng die sousbestanddele saam en smeer bo-oor die hoender.
- Bak 50 minute bedek by 190 °C en 15 minute by 200° C onbedek.
- Bedien met groente van jou keuse ( ons het dit geeët met patat, blikkie ertjies en tuisgemaakte beetslaai).
Category:

