SOETSUUR- OF KERRIE HOENDERNEKKIES
Hoender nekkies is deesdae so gewild in die van Dyk huis. Vandag het ek soetsuur hoendernekkies gemaak.
- 1 kilogram hoender nekkies, skoon gemaak en bietjie in suurlemoensap afgewas
- 1 pynappel, geskil en stronk verwyder en in blokkies gesny
- 5 medium aartappels, geskil en in kwarte gesny
- 2 medium uie, grof gekerf
Braai nekkies en uie tot bruin. Voeg 2 koppies water by en kook vir ± 45 min.
Voeg aartappels en nog water by.
Kook tot aartappels amper sag is, voeg pynappelblokkies by, as dit droog is nog bietjie water en kook verder, by die tyd moet nekkies en aartappels lekker sag wees.
- Meng die volgende saam:
- 4 eetlepels heuning
- 3 eetlepels suurlemoensap
- ¼ koppie Worcestersous
- 2 teeleepels bbq spice
- sout en swart peper na smaak
- ¼ koppie tamatiesous
- ½ pakkie royco of knorr tamatie soppoeier
Meng die sous met 1 koppie water en voeg by nekkies, daar moenie te veel water wees in die kastrol nie, byvoorbeeld as jy dit sou afgooi sal dit so ongeveer 1 koppie sous wees.
Roer deur en laat prut vir 15 min, oppas vir brand.
Bedien met rys.
KERRIE NEKKIES
Doen alles dieselfde soos met soetsuur nekkies, net sous verskil.
- 1 eetlepel lekker kerrie
- 2 teelepels borrie
- 4 teelepels bbq spice
- ½ teelepel swartpeper
- ¼ koppie asyn
- ¼ koppie appelkooskonfyt
- 3 teelepels bruinsuiker
Kook deur, bedien op basmati rys.
Foto en resep: Alta Gunter van Dyk