Your Recipe Blog

SOET DEEGBALLE MET ROOM EN KONDENSMELK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

SOET DEEGBALLE MET ROOM EN KONDENSMELK

Ek en my lieflike vrou het hierdie resep raakgesien nadat ons ekstra winkeldeeg gekoop het.

  • 1 sakkie winkel brooddeeg
  • sjokolade slab
  • margarien
  • bruinsuiker
  • 250 ml room / blik dessert cream
  • 1 blik kondensmelk

Smeer dik laag margarien onder in diep glasbak en strooi bruinsuiker oor.
Breek middelmatige stukkies deeg af en druk plat. Sit ‘n blokkie sjokolade in die middel van die deeg, en rol dan op in balletjie.
Pak al die deegballetjies in die glasbak.
Meng room/dessert cream en kondensmelk saam en giet bo-oor.
Bak teen 180°C vir ± 30 min tot deeg gaar is, sonder die deksel.
Heerlik!

Resep  geplaas en foto: Phil Kloppers

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5