SKORSIETERT
- 4 skorsies
- 3 eiers
- 500 ml melk
- 250 ml suiker
- 90 ml bruismeel
- knippie sout
- kaneelsuiker
Verhit oond 180ºC.
Halveer skorsies en kook in sout water.
Meng res van bestanddele goed.
Laat skorsies koud word, verwyder pitte en skep die skorsies by die beslag, klits alles goed saam.
Skep in gesmeerde oondbak en strooi kaneelsuiker bo oor.
Bak vir plus minus 50 minute.
Resep en foto: Ella Watson