SKORSIE HERDERSPASTEI
Skorsie (gem squash) herderspastei vir aandete …’n variasie op die gewone (diabeties/lae koolhidraat en keto vriendelik).
- Maalvleismengsel:
- 30 ml olyfolie
- ½ ui, gekap
- 800 g maalvleis
- ½ wortel, gekap en opsioneel
- 1 ½ koppie groenbone, gehalveer
- 1 eetlepel Worcestershire sous
- 375 ml vleisaftreksel
- 1 eetlepel tamatiepasta
- 1 teelepel droë tiemie
- sout en peper na smaak
- Skorsie bolaag:
- 2 – 3 groot skorsies, gehalveer
- 3 eetlepels botter
- sout en peper na smaak
Braai die ui tot deurskynend en voeg die maalvleis by. Braai tot bruin.
Voeg die res van die bestanddele van die maalvleismengsel by en prut vir 10 – 12 minute (totdat die wortels sag is).
Skep die maalvleismengsel in ‘n gesmeerde oondbak van 35 x 18 x 5 cm.
Kook die halwe skorsies in kookwater tot sag.
Verwyder die pitte, skep die vleis uit en maak fyn met botter, sout en peper.
Skep bo-op die maalvleis en bak vir 30 minute by 200ºC.
Laat afkoel vir 10 minute en eet saam met groente of slaai.
Resep en foto: Ilze Jacobs
Wadi Wadi
Algemene opmerking –: moenie skrik vir die 375ml aftreksel nie. Dit is nie te veel vloeistof nie. Dit trek lekker in die maalvleismengsel in nadat dit ‘n rukkie gestaan het na gaarmaak. Gebruik twee blokkies aftreksel vir 375ml water of die ekwivilent daarvan. Ek het vyf skorsies gebruik vir die bolaag.