SKONS MET SPRITE
Ek het al so baie probeer om skons te bak, maar ek het baie warm hande en my skons wil nooit lekker rys nie oor my hande te warm is. Toe kom ek op hierdie heerlike resep af! Gewoonlik is skons ook geneig om droog te wees, maar hierdie is regtig HEERLIK!
- 500 g bruismeel
- 250 ml room
- 330 ml Sprite koeldrank (1 blikkie)
- bietjie sout (½ teelepel)
Voeg die meel en sout in ‘n mengbak en maak ‘n holte in die middel met jou houtlepel. Voeg die room in die holte en roer deurmekaar. Voeg nou die Sprite by en roer goed. Spuit ‘n muffinpannetjie met spray and cook of smeer dit met botter, skep lepels vol in ‘n muffinpannetjie (jy kry 12 met gemak uit)
Bak vir 20 – 25 minute by 180 ºC.
Nota:
Kyk dit was nou lekker. Ons het dit geniet met aarbeikonfyt en kaas. Jy kan dit met soutigheid of room ook geniet. Hier kan jy heerlik kreatief wees. Maak ‘n tunamengsel met pietersielie en mayonnaise vir bo-op sit, hoender mayonnaise, gekookte eier fyngekap – net wat jou hart begeer.
Ek is seker dat jy sjokoladesplinters, neute, gekapte droëvrugte, olywe, songedroogte tamaties en iets van jou keuse ook kan by roer.
Dis so vining en maklik dat jy nooit weer hoef wakker te lê oor wat jou gaste gaan eet vir ontbyt nie.
Resep en foto: Letitia Henstock
Baie baie dankie. Dit was baie lekker en♡