SKEPSKONS
Dis ‘n treffer resep.
- Meng droë bestanddele:
- 500 ml bruismeel
- knippie sout
- Klits nat bestanddele saam:
- 1 eier
- 200 ml melk
- 100 ml kookolie
- Ekstra:
- 250 ml gerasperder kaas
- gesnipperde sprietuie
Voeg nat- by droë bestanddele en meng goed.
Voeg die kaas by. Ek het sprietuie in tuin het bietjie daarvan bygesnipper.
Skep in muffinpan, bak by 180°C tot bruin en gaar, ongeveer 12 – 15 minute.
OF
Strooi paprika oor en bak in mikrogolfoond op hoog vir so 6 min, hang af van sterkte van die oond.
Nota:
Mens kan natuurlik gekapte ham of fyn biltong of gebraaide spek stukkies ook by die deeg inmeng.
Resep geplaas deur Betsie Ferreira
Foto: Michelle Labuschagne
- Variasie: Lettie van der Merwe
- 1 teelepel mosterd
- ½ teelepel borrie
- hoogvol teelepel potato spice
- ½ teelepel bakpoeier ekstra
- 2 teelepels suiker
- bietjie suurlemoensap
Voeg by hierdie resep dit maak hierdie skons baaaaie lekker.
Gebruik sterk kaas.
Klits die suiker en bietjie suurlemoensap saam met die nat bestanddele.