SKAAPSTERTJIE EN SPRINGBOK KNIESKYWE
- 500 g skaapstertjies
- 500 g springbok knieskywe
- 1 eetlepel sout
- 1 teelepel swart peper
- 1 teelepel fyn neutmuskaat
- 1 teelepel koljander
- 2 eetlepels Worcestersous
- 2 eetlepels appelasyn
- 1 groot ui
- 1 groot aartappel
- 500 g groenboontjies
- 100 ml vars room
Kook die vleis vir 30 minute in die drukpot saam met die speserye. Sny die ui en aartappel in by die vleis, voeg die boontjiesook by en kook weer vir 30 minute.
Meng die room by en laat staan so 5 minute voor dit opgeskep word saam met ‘n rys en stampkoringmengsel.
DIE wat nou oorbly, raak môre lekker DIK VLEISSOP.
Resep en foto: Stefaans Blaauw