Your Recipe Blog

SJOKOLADEPOEDING MET VANILLASOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 min

SJOKOLADEPOEDING MET VANILLASOUS

Ek deel graag my oorlede skoonsuster se resep met julle wat ek al vandat ek 20 was, gebak het.

  • Beslag:
  • 1 ½ koppies koekmeel
  • ¾ eetlepel kakao
  • 1 koppie melk
  • 1½ teelepels vanilla geursel
  • 2 eiers
  • ¾ teelepel sout
  • ¾ koppie suiker
  • 4 ½ teelepel bakpoeier
  • 125 g botter (½ koppie)

Klits botter en suiker tot room en voeg geklitste eiers by.
Sif droë bestanddele saam en roer om die beurt met die melk by die bottermengsel, voeg vanilla by meng deur.

  • Sous:
  • 1 ½ koppies kookwater
  • 1 ½ eetlepels kakao
  • ¾ koppies suiker

Meng die sousbestanddele saam en kook 2 min in die mikrogolf.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde 2 liter bak.
Giet die sous oor die poeding en bak ± 40 min op 180°C.

  • Vanilla sous:
  • ½ koppie suiker
  • 1 eetlepel mielieblom (Maizina)
  • 1 koppie kookwater
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 eetlepels botter
  • knypie sout

Meng suiker en mielieblom  saam in ‘n mikrogolf houer.
Voeg kook water geleidelik by en roer aanhoudend.
Kook vir 2 min en haal uit.
Voeg botter, vanilla en sout by en roer tot botter gesmelt is.
Bedien sjokoladepoeding saam met die vanillasous.

Resep en foto: Meisie van der Colff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page