SJOKOLADE SPLINTER PLAATKOEKIES
- 4 koppies koekmeel
- 8 teelepels bakpoeier
- 4 eiers
- 4 eetlepels kookolie
- 1 teelepel sout
- 10 eetlepels stroosuiker
- 1 koppie room
- 1 koppie melk
- 1 koppie sjokolade splinters
Sif die droë bestanddele saam.
Klits die eiers, room, melk en olie goed.
Voeg nou die meelmengsel lepelsgewys by die eiermengsel en klits goed na elke byvoeging.
Vou die sjokolade splinters in by die beslag.
Bak in ‘n rooster of swaarboom pan lepelsgewys of grootte van jou keuse.
Bedien met stroop en geklopte room.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk