SEEKOS PIZZA VAN BROODDEEG
- 1 gekoopte brooddeeg
- 1 blikkie tamatiesmoor
- uie, fyn gekerf, hoeveelheid na smaak
- 1 klein pakkie garnale
- mozzarella kaas, gerasper
- parmesan kaas, gerasper
- 1 klein pakkie sampioene, gekerf
- 1 groen soetrissie, gekerf
- 1 blikkie gerookte mossels
- 1 pakkie krap stokkies
- 1 avokado
Rol die deeg baie dun uit.
Smeer die tamatiesmoor bo-oor.
Strooi die gerasperde kase bo-oor.
Braai die uie, en garnale.
Skep die uie en garnale bo-op die kaas.
Sny dan die krap stokkies en plaas dit saam met die mossels bo-op die pizza.
Laaste word die gekapte sampioene en soetrissie bo-op geplaas en dan skywe avokado.
Bak in die voorverhitte oond teen 220°C vir 20 tot 25 minute.
Wanneer dit klaar gebak het, strooi sout, peper en gekapte kruie bo-oor.
- Seekossousie:
- ½ koppie mayonnaise
- 1 ½ eetlepels tamatiesous
- 1 eetlepel Worcestersous
- 1 teelepel gekapte pikante rissie
- 1 goeie skeut suurlemoensap
Meng die bestanddele van die sous saam.
Skep die sous oor die gaar seekos en rond af met bietjie gerasperde kaas.
Resep en foto: Leanne Thurston Coetzer