Your Recipe Blog

SAMPIOEN-, SPEK- EN VYESLAAI

SAMPIOEN-, SPEK- EN VYESLAAI

  • 1 pakkie roketblare
  • 2 handevol verskillende soorte sampioene (ek het organiese sampioene gebruik)
  • ½ pakkie sampioenbiltong (gekry by organiese winkel, of jy kan aanlynwinkels en vegetariërwinkels probeer)
  • ½ pakkie (125 g) gewone sampioene
  • 1 x 250 g pak gemengde sampioene (by kettingwinkel gekoop)
  • bietjie botter, vir braai
  • 4 – 6 vye
  • groot pak kersietamaties
  • bietjie olyfolie, vir besprinkeling
  • ½ salotui (rooi ui), opgesny
  • 1 x 250 g pakkie spek, in repies gesny
  • ± 10 gedroogte tamaties; hulle moet lekker droog wees
  • 2 toontjies knoffel, opgesny
  • bietjie heuning, vir sprinkel oor vye
  • ½ koppie cheddarkaas, opgesny
  • sout en peper, na smaak
  • klein pakkie slaaisaadmengsel
  • Slaaisous:
  • balsamiese reduksie of
  • Eie sous:
  • 1 deel balsamiese asyn
  • 1 deel suurlemoensap
  • 2 spuite heuning
  • 2 teelepels bruinsuiker

Voorverhit oond tot 180 °C. Plaas kersietamaties in bakkie en besprinkel met bietjie olyfolie. Geur met sout en peper Plaas uie bo-op en dan knoffel en spek. Bak in oond tot spek krakerig is; ongeveer 15 – 20 minute. Laat afkoel. Sny vye in kwarte en besprinkel met heuning. Voeg by tamatiemengsel en bak vir drie minute. Laat afkoel. Sny sampioene (hou sampioenbiltong apart) in kleinerige tot matige grootte stukkies. Braai liggies in pan met klein bietjie botter tot net gaar. Braai sampioenbiltong apart. Laat afkoel. Plaas roketblare in opdienbord en sprinkel kaas oor. Skep sampioene oor (nie sampioenbiltong nie), gevolg deur tamatie-  en spekmengsel. Breek gedroogde tamaties in stukke en sprinkel bo-oor. Versier met saadjies en sampioenbiltong.

Slaaisous:
Meng alles saam. Dit moet saam ‘n kwart koppie maak; so deel asyn en suurlemoensap in gelyke dele. Sprinkel oor slaai.

Resep en foto: Marian van Deventer

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page