Your Recipe Blog

SAMPIOEN EN VARKVLEIS WORSROLLETJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 min. | Servings: 8 rolletjies

SAMPIOEN EN VARKVLEIS WORSROLLETJIES

  • 30 ml olie
  • 400 g sampioene, fyn gekap
  • 400 g varkmaalvleis
  • 6 sprietuie, fyn gekap
  • 2 eiers
  • 250 ml vars broodkrummels
  • 125 ml gekapte pietersielie, opsioneel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 3 rolle gekoopte skilferkorsdeeg, ontdooi
  • 30 ml sesami- of papawersaad
  • soet brandrissiesous, opsioneel

Verhit die oond tot 180°C.
Verhit die olie in’n braaipan en braai die sampioene tot al die vloeistof weggekook het.
Voeg die maalvleis by en roerbraai dit tot gaar. Voeg die sprietuie by en braai dit nog ‘n paar minute.
Laat dit afkoel.
Voeg een eier, die broodkrummels en pietersielie by en meng goed. Geur dit met sout en peper.
Klits die ander eier liggies. Verf die rande van elke vel deeg met geklitste eier en sny die deegvelle in die helfte.
Verdeel die vulsel eweredig tussen die deegvelle.
Vorm die vulsel in ‘n wors op die een lang sy van elke deegvel en rol dit op. Druk dit goed vas.
Verf die rolle met geklitste eier, strooi die sesami- of papawersaad oor en sny elke rol in 8 kleiner rolletjies.
Rangskik dit op gesmeerde bakplate.
Bak dit 20 minute of tot goudbruin.

Variasie:
Vervang die varkvleis met hoendermaalvleis.

Resep geplaas deur Adele Van Zyl Filmalter
Foto:  Adam Cloete

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page