Your Recipe Blog

RUS-RUS AARTAPPELSUURDEEG BROOD

Recipe by
Cook: 30 minute | Servings: 4 medium brode

RUS-RUS AARTAPPELSUURDEEG BROOD

Om hierdie heerlike brood te kan bak moet mens ‘n aartappelsuurdeeg gisplantjie he.  Resep onder aan.

  • Fermentmengsel:
  • 375 ml aartappelsuurdeeg (resep onderaan)
  • 375 g broodmeel

Meng tot glad, seël lugdig en laat staan tot 3 keer die volume uitgerys. (2- 4ure)

  • Autolysis:*
  • 1 kg broodmeel
  • 700 g water

Meng met deeghaak en knie vir 5 minute.
Bedek lugdig en laat staan vir 2 uur of so lank as wat die fermentmengsel staan. Dis belangrik dat alles lugdig bedek is.

  • Voeg die volgende by die Autolysis:
  • fermentmengsel
  • 200 g broodmeel gemeng met 30 g sout
  • 100 g sagte botter

Knie ‘n verdere 5 minute op medium spoed tot alles bymekaar kom.
Knie ‘n verdere 1 minuut op medium-hoë spoed.
Bedek en rys oornag in die yskas. Knie af en berei die panne voor.
Smeer 4 x 675 g broodpanne deeglik met botter.
Bedek deeg met ‘n doek en laat deeg rys vir ongeveer 5 ure.
Sit bietjie water in ‘n bakkie en plaas onder in die oond vir stoom.
Voorverhit die oond tot 240ºC .
Bak die brood vir 20 minute, draai die panne om in die oond en bak vir ‘n verdere 10 minute of tot brood mooi bruin en gaar is.

Gisplantjie- suurdeeg:
Rasper 1 geskilde aartappel en gooi in ‘n 1 liter fles.
Strooi 1 teelepel sout en 2 eetlepels suiker oor.
Strooi 1 pakkie kitsgis by en maak bottel driekwart vol met lou water.
Sit so 6 rosyne by en sit die plaatjie op die fles. Moenie vasdraai nie.
Laat op ‘n warm plek staan oornag.
Sif die volgende oggend die skrapnel uit en soek die rosyne.
Hou ‘n kwart van die vog en aartappel en die rosyne.
Plaas in die bottel en rasper weer ‘n aartappel in.
Sit weer 1 teelepel sout en 2 eetlepels suiker by en vul weer aan met lou water tot driekwart.
Laat weer staan tot die derde oggend.
Herhaal weer die proses soos op die tweede dag.
Maar gebruik die gesifte vloeistof om mee te bak. 1 koppie vloeistof per 1 kg meel.
Hou weer ‘n kwart van die vloeistof, aartappel en rosyne soos op die tweede dag.
Jy moet hom elke dag kosgee soos op die tweede dag. En as jy nie wil bak nie slaap hy in die yskas.
As jy weer wil bak, haal die aand voor die tyd uit.

*What is an autolyse?
An autolyse is the gentle mixing of the flour and water in a bread recipe, followed by a 20 to 60 minute rest period. After the rest, the remaining ingredients are added and kneading begins. This simple pause allows for some rather magical changes to occur in your bread dough.

Resep en foto: Frikkie Jones

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page