ROOSWATER KOEKSISTERS
- Stroop:
- 8 koppies suiker
- 5 koppies water
- ¼ teelepel wynsteensuur
- 5 ml rooswater geursel
- Deeg:
- 4 ½ koppies koekmeel
- ½ teelepel sout
- 4 teelepels bakpoeier
- 1 eetlepel suiker
- 50 g botter of magarien
- 2 eiers
- 1 koppie koue water
- olie vir diepbraai
Stroop:
Verhit die suiker en water saam en roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook sowat 15 minute oor matige hitte. Verwyder van hitte en voeg die wynsteensuur en rooswater geursel by. Laat stroop afkoel en plaas oornag in yskas of vrieskas tot yskoud.
Deeg:
Sif al die droë bestanddele saam en vryf die botter met vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
Klits die eiers en kouewater saam en voeg by die droë bestanddele. Meng om ‘n deeg te vorm. Indien die vloeistof bietjie min is voeg ‘n klein bietjie kouewater by.
Knie die deeg 5 minute lank liggies tot glad en elasties.
Laat die deeg vir ten minste 2 ure lank rus.
Rol die deeg uit, sny koeksisters en vleg. Hou die klaar gevlegde koeksister onder ‘n klam doek om te voorkom dat dit uitdroog.
Verhit die olie en diepbraai koeksisters in die warm olie tot goudbruin. Dompel dadelik in yskoue stroop. Plaas op draadrakkie sodat die oortollige stroop kan afdrup.
Resep en foto: Alta de Wet