ROOSGEGEURDE BOTTERVERSIERSEL
-
500 g wit Wooden Spoon margarien, kamertemperatuur
-
4 koppies versiersuiker
-
1 teelepel roosgeursel
-
1 teelepel vanilla geursel
Klits die margarien tot veerlig, voeg die geursel by. Voeg hierna die versiersuiker bietjie-bietjie by en klits goed tot die versiersel sag is en skuimtekstuur vorm.
Dis ‘n heerlike botterversiersel.
Resep en fotos: Marie J van Rensburg
Category: