Your Recipe Blog

RONEL SE VINNIGE “UIT DIE KOP” KOEKIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 42 koekies

RONEL SE VINNIGE “UIT DIE KOP” KOEKIES

Adam Cloete:
Ronel, dit mag “uit die kop” koekies wees maar vir ‘n ou wat sku is om koekies te bak is dit die wonderlikste resep ooit, baie dankie!! Dit is die beste soet koekies wat ek nog ooit gebak het.

  • 3 eiers
  • 1 ½ koppie suiker
  • ½ koppie margarien
  • 3 koppies koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • knippie sout

Klits die eiers en suiker goed saam.
Voeg die margarien by en meng goed.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Meng die eiermengsel met die meelmengsel en maak ‘n stywe deeg.
Rol in ‘n lang rol, sit ‘n rukkie in die yskas, haal uit en sny in wielietjies.
Bak 10 – 15 min by 180ºC, of tot koekies bruin is.

Resep: Ronel Muller Thoma
Tweede foto: Adam Cloete
Foto en nota: Dedrei Venter
Ek het hierdie probeer! Ek is glad nie ‘n bakster nie maar leer uit my foute😅 volgende keer sal ek hom uitrol en druk, maar my seuna hou van ‘n bietjie dikker/sag gebakte koekie. Volgens hom het mamma die perfek gebak! 🤍42 gekry uit die resep. So maklik en baie lekker! Ek sal volgende keer ook speel met choc chips of 100’s en 1000’s.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page