RONEL SE “ANDERSE” WILDSPASTEI
Vir Vrouedag het ek besluit om ‘n anderse Wildspastei gemaak.
- 4 groot aartappels
- 500 g wildsvleis, in blokkies of repies gesny
- 3 middelslag uie
- 1 pakkie sampioensoppoeier
- 750 ml melk
- gerasperde kaas
- speserye na smaak
- bietjie olie om in te braai
Was aartappels goed skoon en sit in ‘n pot met sout en roosmaryn takkies en kook tot sag.
Braai uie en wildsvleisblokkies met olie en speserye waarvan jy hou tot die vleis gaar en sag is.
Bring melk tot kookpunt en voeg soppoeier by, kook totdat sop verdik het in a aparte pot.
Sny aartappels in skywe en plaas onder in bak of bakkie soos jy verkies.
Nota:
Ek het aartappels skil en al gebruik en net oop gesny.
Sprinkel bietjie Aromat bo-oor die aartappels.
Sit ‘n stukkie botter bo-op die aartappels.
Skep so bietjie van sopmengsel bo-op en dan vleis en uie. Laastens weer sopmengsel en sprinkel kaas oor.
Sit in warm oond (180 ºC) en bak totdat kaas gesmelt het.
Geniet.
Resep en foto: Ronel Muller Thoma