Your Recipe Blog

ROMERIGE VARKVLEISREPIES OP PASTA

ROMERIGE VARKVLEISREPIES OP PASTA

  • 800 g varkvleisrepies
  • 25 ml olie
  • 2 medium uie, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 lourierblaar
  • sout en peper na smaak
  • 5 ml vars gemmer, gerasper
  • 5 ml koljander
  • 3 ml paprika
  • 30 ml suurlemoensap
  • 300 ml vleisaftreksel
  • 30 ml mielieblom, aangemaak met bietjie koue water
  • 200 ml natuurlike jogurt

Verhit die olie in ‘n kastrol of diep pan en roerbraai die varkrepies daarin tot net bruin.
Skep uit en hou eenkant.
Voeg die uie en knoffel by en roerbraai tot sag.
Voeg die geurmiddels, suurlemoensap en vleisaftreksel by, asook die varkrepies.
Laat prut so 20 minute lank tot geurig.
Verwyder die lourierblaar.
Verdik die vloeistof met die mielieblompasta en laat net opkook.
Voeg die jogurt by en verhit tot warm.
Dien op met pasta.

Resep en foto : Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page