Your Recipe Blog

ROMANY CREAM KOEKIES UIT VERVLOë SE DAE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 min.

ROMANY CREAM KOEKIES UIT VERVLOë SE DAE

Flashback ‘Romany Creams’ van ‘n paar jaar terug. Hierdie is ‘n maklike resep, maar dis ongelooflik baie bestanddele en my Kenwood het bietjie gebrul met ‘n hele baksel, selfs met die koekie spaan – so halfeer en meng in twee lotte. Dis ‘n ou ‘Huisgenoot se wenresepte’ koekie.

  • 750 g botter of margarien
  • 750 ml of (3 koppies) suiker
  • 6 x 250 ml (6 koppies) bruismeel
  • 4 x 250 ml of (4 koppies) klapper
  • 4 x 250 ml of (4 koppies) fyngedrukte graanvlokkies
  • 200 ml kakao poeier.  (Ek maak myne half, half met ‘Duch Cocao’ – Duch kakao het nie so sterk sjokolade geur soos gewone kakao nie, maar maak die baksel ‘n donkerder bruin)
  • 250 ml (1 koppie) kookwater
  • 200 g melk sjokolade in blokkies gekap om te smelt.

Verhit die oond tot 180ºC of 160ºC as jy ‘n waaier oond het.
Voer jou bakplate met waspapier of silikoon matjies of smeer jou panne.
Room die botter en suiker en sif die bruismeel by.
Voeg die klapper en graanvlokkies by.
Meng die kakao in die koppie kookwater, laat effens afkoel.
Voeg die kakao in die res van die mengsel meng goed.
Rol balletjies van ongeveer 3 cm uit en druk plat met ‘n vurk (Ek het so ‘n oulike mini roomys skeppertjie wat perfek werk omdat jy elke keer die selfde hoeveelheid deeg rol.
Bak vir 15 min in die oond – en laat afkoel op ‘n afkoel rak.

Maak ‘n dubbele koker met ‘n glasbak oor ‘n pot water wat net prut en smelt die sjokolade oor die water in die glasbak of in die mikrogolf teen 70% krag. Onthou sjokolade brand gou so moet nie haastig wees nie.

Hier gebruik ek ook ‘n voedsel handskoentjie, want sjokolade is ‘n ding wat orals land – ek doop die onderkant van ‘n koekie in die warm sjokelade – en dan plak ek twee-twee koekies aan mekaar vas – laat dit afkoel op ‘n afkoel rak en verpak in ‘n lugdigte houer of ziplock sakkie.

Resep geplaas deur Tani Ras-Devereux
Foto:  Tani Ras-Devereux

3 Reviews

  1. Santa Sorlie

    Haai daar!

    Dankie vir die resep. Al my kookboeke is in n stoor in n ander land. Ek het so gesoek vir die resep. Die hoeveelheid suiker word aangedui as 750 ml (of 3 eetlepels suiker). Is dit korrek?

    Dis Maandag, so vergewe my as ek dalk dom klink!

    Hoop om spoedig van u te hoor.

    Liefde uit Noorwee!

    Santa Sørlie

    Ns. Ek gaan later n review gee.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page