ROLO EN MALVALEKKER PIZZA
- 2 koppie bruismeel
- 250 ml gewone wit jogurt
- bietjie sout
Meng alles goed saam.
Laat rus vir 15 minute.
Rol uit en plaas in die pan waarin die pizza gemaak gaan word.
- 1 blik karamel kondensmelk
- Bo-laag
- 14 Rolo’s
- 1 pakkie mini malvalekkers
- 200 g melk sjokolade gebreek
Smeer karamel kondensmelk oor die pizza basis in die pan.
Sprei die bo-laag bestanddele eweredig oor die deeg.
Bak in oond vir 15 – 20 minute by 180°C
Resep en foto: Heleen Brummer Nel