Your Recipe Blog

ROGBROOD MET LYNSAAD

ROGBROOD MET LYNSAAD

  • 100 ml lynsaad
  • 150 ml melk
  • 25 ml fruktose/suiker
  • 70 ml botter/olyfolie
  • 3 eiers
  • 500 ml rogmeel
  • 2 ml sout
  • 2 ml fyn gemmer
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda

Plaas lynsaad in ‘n glasbottel. Voeg suiker/frukose en melk by. Plaas in die yskas vir 1 dag.
Meng rogmeel, sout, gemmer, bakpoeier en koeksoda.
Smelt botter (15 sekondes in mikrogolf oond op hoog, of op stoof).
Klits eiers een vir een goed by die gesmelte botter terwyl jy goed roer. Voeg lynsaadmengsel by, meng goed.
Voeg die mengsel by die meelmengsel. Sny in en meng met slaplem mes. Skep in gesmeerde pan ongeveer 30 cm lank.
Verhit die oond tot 180°C,  draai af wanneer jy die brood insit en bak op 160°C vir 1 uur of tot hy gaar toets.

Nota:
Plaas foelie op die rak onder pan en nog foelie bo oor die pan na 20 minute baktyd.

Foto:  Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page