ROERBROODJIE VIR DIE KONVEKSIE OOND
Niks om te knie nie, net roer, laat rys en bak… geniet hom.
- 3 koppies koekmeel
- 1 ½ koppies louwarm water
- ½ pakkie gis
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel suiker
- 1 desertlepel kookolie (12.5 ml)
Meng droë bestanddele. Meng die olie en water en voeg by. Roer goed deur.
Sit die deeg in ‘n klein gesmeerde broodpannetjie wat in jou oondjie pas.
Laat rys in die oondjie – stel dat die rooi liggie net aangaan vir so 15 minute.
Los in oond tot dubbel die grootte gerys. (Ek knie nie af nie).
Wanneer klaar gerys bak vir 50 minute op 180°C of tot mooi bruin.
Resep en foto: Ronel Groenewald