RINIE SE HEERLIKE STOWEVLEIS
- 1 kg lamstjops (blad)
- 3 aartappels, geskil en in kwarte gesny
- 1 groot ui, geskil en in ringe gesny
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel rissievlokkies
- 1 teelepel knoffelvlokkies
- 1 teelepel gemaalde swartpeper
- 1 teelepel “Italian herbs”
- water, soos nodig
Kook die lamstjops saam met uie saam met ‘n klein bietjie water tot die vleis mooi gebraai en verbruin het.
Voeg geskilde aartappels by wat in kwarte gesny is met nog ‘n klein bietjie water.
Voeg jou gunsteling speserye by. In die geval was dit sout en gemaalde swartpeper, rissievlokkies, knoffelvlokkies en “Italian herbs” na smaak.
Kook stadig omtrent vir twee ure op lae hitte tot sag. Hou die vloeistof heel tyd dop, en vul bietjies op ‘n slag aan indien nodig.
Ons het dit geniet saam met gekookte soetpatat (juweelpatat) en ‘n skeppie beetslaai asook ‘n skyf avokadopeer.
Dit was heerlik.
Foto en resep: Gideon Louw