Your Recipe Blog

RINA SE PIESANG-, KLAPPER- EN NEUTMUFFINS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 minutes | Servings: 6 groot muffins

RINA SE PIESANG-, KLAPPER- EN NEUTMUFFINS

Resep en foto: Rina Kleinhans

  • 350 ml bruismeel (ek het gluten vrye meel gebruik)
  • 50 ml semels
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 125 ml hawermout
  • 3 ryp piesangs, fyngemaak, as hulle klein is sit een gerasperde appel by
  • 1 groot eier, geklits
  • 75 g fyngekapte neute
  • 50 ml klapper
  • 75 g margarien/botter, gesmelt en afgekoel
  • 10 ml asyn
  • 2.5 ml sout
  • Opsioneel:
  • 50 ml suiker of versoeter – proe aan jou deeg en pas aan na smaak
  • Voorverhit die oond tot 180 ºC.
  • Sif die meel, bakpoeier en koeksoda saam, meng met die neute, klapper, suiker en hawermout.
  • Maak die piesangs fyn, klits die eier en meng die piesang, eier en botter, voeg die asyn by.
  • Meng nou die twee mengsels saam, indien die deeg te droog is, voeg bietjie melk by, maar ek het nie nodig gehad nie.
  • Sit papiervorms in jou groot muffin pan, en skep die deeg in die 6 vorms, of 12 kleintjies.
  • Bak vir 25 min  as dit in die 6 pan gebak word of tot gaar vir die kleitnjies.
  • Nota: Hulle is op hulle lekkerste wanneer hulle warm geëet word.
    Met die glutenvrye meel het dit amper die tekstuur van ‘n skon.

 

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page