Your Recipe Blog

PYNAPPEL EN KOMKOMMERVORM

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6-8 porsies

PYNAPPEL EN KOMKOMMERVORM

  • 15 g (25 ml) gelatien
  • 80 ml koue water
  • 1 blik (410 g) fyngemaakte pynappel
  • 50 g (60 ml) suiker, opsioneel
  • 200 g komkommer
  • 100 g (250 ml) gerasperde kaas
  • 100 ml mayonnaise
  • 1 uitjie, gerasper
  • sout en peper na smaak

Week gelatien in helfte van water.
Verhit res van water, pynappel en suiker tot kookpunt, voeg gelatien by en roer tot gesmelt. Laat afkoel.
Kap komkommer fyn of rasper grof.
Voeg kaas, mayonnaise, ui, sout, peper en pynappelmengsel by en meng goed.
Skep in ‘n vorm wat met koue water uitgespoel of met kookolie gesmeer is en laat in koelkas stol.
Keer net voor opdiening uit.

Resep geplaas deur Landi Hartzenberg Ferreira
Foto:  Gillian Kruger Vermeulen – Die resep is ‘n wenner! Ek moet eerlik wees, ek was redelik skepties.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5