“POST TOASTIE” KOEKIES
-
2 koppies koekmeel
-
2 koppies hawermout
-
2 koppies Post Toasties
-
2 koppies klapper
-
2 koppies suiker
-
2 eiers
-
2 teelepels bakpoeier
-
1 teelepel vanilla geursel
-
½ koppie gekapte pekanneute
-
2 eetlepels melk
-
2 eetlepels grondboontjiebotter
-
250 g volvet magarien
-
2 teelepels koeksoda
-
knippie sout
Klop magarien en suiker saam tot romerig, voeg eiers 1 vir 1 by en klits goed.
Meng die melk en koeksoda en voeg by die bottermengsel.
Voeg die grondboontjiebotter by en meng goed,
Meng die bogenoemde mengsel met al die droë bestanddele tot ‘n deeg vorm.
Maak balletjies van 15 g elk, pak op ‘n voorbereide bakplaat, moenie plat druk nie.
Bak vir ongever 15 tot 20 min in 180°C.
Nota:
Onthou thermo fan en lugdruk van area’s maak groot verskil in bak tydperk.
Ongelukkig weet ek nie hoeveel koekies die resep maak nie, en maak sommer 4 keer aan.
Resep geplaas deur Alta Gunter van Dyk
Foto: Alta Gunter van Dyk