Your Recipe Blog

PLANTAAN (PIESANG)

PLANTAAN

Plantaan aka cooking banana aka matoki, ons het dit in ons begin jare hier in Tanzania ontdek. Alhoewel dit meer gewild en algemeen in Uganda en aangrensende streke is. Oor die jare al self ‘n paar keer gekook. Heerlik met verskeie variasies, kerries met klapper, meer eenvoudig met grondboontjiebotter, die locals braai dit ook in olie en op kole. Wat ek onlangs eers geleer het is dat droë seisoen die tyd van plantaan is! En so ry ons die naweek Burundi grens toe en daar is hope langs die pad, weggee pryse! So kook ons die gewone kerrie/sous manier, gee weg, maar steeds het ons te veel. Verbaas is ek toe ek begin google oor al die idees. Onder andere, ‘n vrou van Ghana wat die rou plantaan rasper en akara maak. Sien onder wat akara eintlik is. Wel ek en my 5 jarige tweeling het dit ‘n kans gegee en dit was op voor dit kon afkoel. Die oorspronlike resep was ook ‘n eksperiment, gebasseer op oorspronklike akara. Ons weergawe is weer ons eie weergawe met wat ons hier beskikbaar gehad het
Plantaan is nie ‘n man se maat as dit by skil kom nie.
Handige raad: drup paar druppels olie of water op hande en sprinkel lekker baie sout en smeer jou hande soos ‘n “scrub” moenie afwas nie. Sny dan pieangs se punte af, en maak kepe in die skil(amper soos wanneer mens lemoen skil). Dit skil nie soos gewone piesang nie, mens druk jou duim so onder skil in en hy dop half uit. Die skil het ‘n taai gommerige bedryf en die sout help dat dit nie aan jou hande vassit nie. Bedek geskilde piesang met koue/kraanwater dat dit nie verkleur nie.

  • 2 Plantane, fyn gerasper en dan nog verder fyn gemaak. So fyn moontlik. Blender word nie aanbeveel nie, want jy sal water moet bygooi en jy wil nie.
    Ons het bygevoeg(maar voel vry om te eksperimenteer)
  • ¼ fyngekapte rooi ui
  • handvol fyngekapte vars koriander
  • 1 teelepel sout
  • sprinkel paprika
  • ½ teelepel bakpoeier
  • ½teelepel koeksoda
  • 1 eier
  •  mozarella kaas vir sprinkel
  • olie vir braai

Meng baie goed (aerate soos sy in engels sê).
Drup dan eetlepels vol in regte temperatuur olie. (Ek sal volgende keer vlakbraai, ons nie mal oor diepbraai nie, was nogtans heerlik). Draai so nou en dan tot goudbruin. Haal uit en plaas op kombuispapier on olie te dreineer.

Nota:
Ek en my man het hulle net so geniet en kids in tamatiesous gedoop.
Oorspronklike resep het “spring onion” en rissies bygevoeg.
Met die sout, bakpoeier en koeksoda. Res is ons byvoegings.

Akara is an African cuisine that originated from the Yoruba culture, Nigeria. it is made from peeled beans (black-eyed peas), washed and ground with pepper, and other preferred seasonings, then beaten to aerate them, and deep-fried in small balls.

Resep en foto: Carmari Fourie Stobos

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page