PIESANGBROOD
- 4 baie ryp piesangs
- 1 ekstra groot eier
- 200 g wit suiker
- 90 ml gesmelte botter
- 2 ½ koppies koekmeel
- ¼ teelepel sout
- 1 teelepel bakpoeier
- 2 teelepels koeksoda
Voorverhit oond tot 180ºC. Smeer broodpan goed.
Maak piesangs fyn.
Meng eier en suiker goed en voeg die piesangs by.
Sif die koekmeel en sout saam en meng bietjie vir bietjie by piesangmengsel.
Meng nou die bakpoeier en koeksoda met ‘n eetlepel water en voeg by die deeg.
Meng goed deur vir so 5 min.
Skep die deeg in die broodpan.
Bak in die oond vir 40 – 50 min. Toets met toetspen na 40 minute en kyk of dit skoon uitkom. Geniet dit met regte botter!
Resep en foto: Laetitia Burger