Your Recipe Blog

PIESANG SAGOPOEDING

PIESANG SAGOPOEDING

Op die blad is ‘n piesang sagopoeding.  My man hom gemaak maar het die resep verander soos hy dink.  So het hy toe uitgekom.  Hier is sy resep. (moes hom wurg vir dit).
  • 3 eetlepels sago
  • 1 koppie melk
  • 1 eetlepel botter
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 eiers geskei
  • 2.5 ml vanilla geursel
  • 1 koppie fyngemaakte piesang

Kook die sago in die melk stadig tot gaar.
Voeg botter, geklitste eiergele, suiker en vanilla by, meng goed deur.
Laat dit afkoel.
Druk piesangs fyn en voeg dit by die sagomengsel.
Klop eierwitte styf en vou dit by sagomengsel in.
Skep in ‘n gespuite oond skottel en bak teen 180 ºC tot mooi bruin en gaar.

Resep en foto:  Renette Greyling

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page