Your Recipe Blog

PIENK MOUSSE VAN MALVALEKKERS

PIENK MOUSSE VAN MALVALEKKERS

Ek was lus vir iets lekkers en het met hierdie pienk mousse opgekom.

  • 1 botteltjie Orley Whip
  • 3 eetlepels Cremora
  • ½ koppie strooisuiker
  • 1 botteltjie room (250 ml)
  • 1 pak malvalekkers
  • 1 pakkie aarbei jellie

Klits Orley Whip styf, voeg die Cremora en strooisuiker by en klits goed.
Plaas helfte van die room in mikrogolf bak en voeg die pak malvalekkers by.
Sit in mikrogolf op “High” totdat die malvalekkers oppof en sag is.
Haal uit die mikrogolf en klits, voeg so 2 teelepels aarbei jellie by en klits goed.

Laat bietjie afkoel en voeg in dun straaltjie by stywe cremoramengsel, terwyl jy heel tyd klits. Voeg die res van die room by en klits goed.
Hou in yskas tot opdiening.

Nota:
My kleinkind het dit gister aangemaak en as koekversiering gebruik.

Resep en foto: Babs van der Westhuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page