Your Recipe Blog

PHILLIP SE HEERLIKSTE KERRIEVIS

PHILLIP SE HEERLIKSTE KERRIEVIS

Reuse Pienk Paling Plesier!!
So staan ons nou al nader na Paastyd. Vir my persoonlik is dit tradisioneel die tyd van Kippers (Gerookte Haring) en Matzos. En natuurlik in Suid Afrika die baie-tradisionele Kerrievis. My kerrievis is die heerlikste wat daar is, en veral as ek dit maak met my PALING.

***Paling (Pink Cusk Eel) is DIE heel beste. Andersins Stokvis of kabeljou. Selfs Geelstert. Net nie makriel-soorte spesies of Snoek nie. Jy soek lekker ferm wit vleis. Vir plaas-variasie gebruik baber.

  • Vir die sous:
  • 4 eetlepels botter (ongesout is beter)
  • 3 tots Olyfolie*
  • 4 groot uie, 3 in dun ringe/skywe gesny, en 1 fyn gekap
  • 350 ml rooiwyn asyn, meer of minder na smaak
  • 1 koppie water
  • 1 koppie droë witwyn
  • 3 eetlepels bruinsuiker
  • 2 eetlepels perske blatjang
  • 2 eetlepels gladde appelkoos konfyt
  • 2 naeltjies, fyngemaal
  • 1 teelepel gemmerpoeier
  • 15 swart peperkorrels
  • 5 all-spice bessies
  • 2 koffelhuisies, fyn gemaak
  • 2 eetlepels borrie
  • ⅓ koppie kerriepoeier. matig MAAR pikant.**
  • 1 teelepel Spaanse paprika
  • 1 teelepel fyngemaalde komynsaad
  • 1 teelepel wit peper
  • 5 lourierblare
  • Maldon kristalsout, na smaak
  • mielieblom (Maizena) om dik te maak as dit te dun is
  • Vir die vis:
  • 2 kg lekker dik ontbeende visstukke. Sulke mooitjies sonder hulle vel. Net nie TE groot nie.
  • olie vir braai. Grondboontjie-olie maak vis heerlik smaak
  • gegeurde meel (gebruik jou gunsteling mengsel met dinge soos Aromat, MSG, paprika, ens.)

Bedek die vis deeglik met gegeurde meel en braai in olie tot goed gaar (dit vat slegs ’n paar minute. Nie oorgaar nie, net totdat dit “flake”.)
Sit vis eenkant en begin met sous.
In ’n swaarboomkastrol meng die botter en die olyfolie, braai die uie hierin. Moenie brand nie, net totdat dit deurskynend is.
Voeg al die droë speserye by ( kerrie, borrie, paprika, komyn, peper, naeltjies, swart peperkorrels en All-spice)
Voeg die asyn, water en wyn by.
Voeg suiker, blatjang en appelkooskonfyt en lourierblare by.
Bring tot net voor kookpunt en verlaag dit en prut vir 10 – 15 minute.
Voeg knoffel laaste by en sout na smaak.
Sous moet nie te dun wees nie, amper so dik soos tamatiesous. Gebruik bietjie mielieblom om te verdik indien nodig.
Koel effe af. Plaas vis in plastiese houer (nie-metaal) en giet sous oor.
Maak seker vis is goed met uie gemeng en goed bedek met die sous.
Bedek en plaas in yskas vir drie dae.
Gebruik soos jy wil , dit kan vir maande in yskas hou.

Nota:
* Metrieke tot = 25 ml
** Ek maak my eie kerriepoeier, maar Cartwrights se pikante (spicy) kerrie is ook reg
*** Ook bekend as Kingklip

Resep en foto: Phillip van Heerden

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page