PETRE SE WILDSPASTEI
- 2 liter roomysbak wildsvleis, van die been afgekook en fyn
- 250 g varkspek, in blokkies gesny
- ½ koppie rooiwyn
- sout en grofgemaalde swartpeper
- fyn naeltjies na smaak
- 2 medium uie, gekap
- ¼ koppie blatjang
- ¼ koppie asyn
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier/ stew mix
- 1 pakkie oxtail soppoeier/ stew mix
- 2 blikkies gemengde groente, gedreineer (hou die vloeistof en maak die soppoeiers daarin aan)
- eier en melkmengsel om oor te verf
Stoom spek en uie vir 12 minute in stoompot.
Voeg al die ander bestanddele by die uie in die pot.
Meng goed en kook ‘n paar minute goed deur.
Voer ‘n oondbak uit met puffpastry, skep die vulsel in die kors.
Bedek met puffpastry. Smeer eier gemeng met melk oor.
Bak tot goudbruin teen 180 ºC tot gaar en mooi kleur, ongeveer 30 – 40 min of solank nodig, oonde verskil.
Voorstel:
Vir ‘n bruinsous om saam te bedien het ek uie gebraai, bietjie water bygevoeg, bietjie rooiwyn, grofgemaalde swartpeper, sojasous en bisto… o ja en ‘n bietjie blatjangbygevoeg. Saam gekook tot ‘n lekker sous.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld