Your Recipe Blog

PETRA SE SUURLEMOENSTROOP

PETRA SE SUURLEMOENSTROOP

Resep en foto:  Petra Venter
Ons suurlemoenboom dra nou weer mooi, dus het ek suurlemoenstroop gemaak. Jy kan die resep ook maklik verminder.

  • skil van 5 suurlemoene
  • suurlemoensap van 20 suurlemoene (1.25 liter)
  • 4 kg wit suiker
  • 3.75 liter kookwater
  • 5 gehoopte teelepels engelse sout
  • 5 gehoopte teelepels wynsteensuur
  • Rasper die geel skil van 5 suurlemoene af (nie die wit nie, dit maak dit bitter).
  • Plaas die skil, uitgedrukte suurlemoensap, suiker en kookwater in ‘n pot.
  • Verhit stadig en roer tot suiker opgelos is teen medium hitte, moenie hitte opdraai voor suiker nie opgelos is nie.
  • Verhoog die hitte en bring tot net op kookpunt, maar moenie die stroop laat kook nie.
  • Giet die stroop deur ‘n sif, om die skille te verwyder.
  • Voeg dadelik die engelse sout en wynsteensuur by die warm stroop en roer dit deur.
  • Laat die stroop afkoel en bottel in skoon bottels.
  • Nota:
  • Ek bêre die stroop in die yskas.
  • As ek dit in plastiekbottels sit, stoor ek die ekstra bottels in my vrieskas.
  • Die wynsteensuur en engelse sout word gebruik vir preservering, geurbalans en om te verhoed dat die hoë suikerinhoud kristalliseer.
  • Om te gebruik: 
  • Verdun met yskoue water. Dis heerlik verfrissend!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page