PERS BASIELIEKRUID SLAAISOUS
Nie so soet soos die gekooptes nie, en meer geuriger.
- 4 koppies basiliekruid
- 2 knoffelhuisies
- ¼ koppie sonneblomsade, effens geskroei (het ongelukkig nie ander gehad nie)
- 2 opgehoopte teelepels heel korrelmosterd
- ½ teelepel sout
- ½ teelepel grof gemaalde swartpeper
- 2 teelepels glukose
- ½ koppie wit asyn
- ¼ koppie suurlemoensap
- ⅓ koppie olyfolie
- 2 koppies mayonnaise
Plaas al die bestandddele buiten die mayonnaise in voedselverwerker en maak goed fyn.
Keer uit in ‘n bak envoeg die mayonnaise by. Meng goed deur.
Plaas in glasbottel en bewaar in die yskas.
Gebruik soos verkies.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld