PEPPERMINT CRISP TERT MET ‘N KINKEL
- 2 pakkie Tennisbeskuitjies (Peppermint Crisp)
- 1 blikkie karamel kondensmelk
- 2 Peppermint Crisp stawe (slabs) sjokolade, fyn gebreek
- 1 liter room, styf geklop
- 1 pak Malvalekkers
- 2 pakkies Oreos, fyngemaak
- 6 vars stukkies kruisement takkies
Smelt die malvalekkers in mikrogolf met 2 eetlepels water vir 30 sekondes en roer. Herhaal tot gesmelt.
Plaas 1 van die gebreekte pepermint sjokolade stawe by die gesmelte malvalekkers.
Meng die kondensmelk en die room saam en voeg die malvalekkermengsel by, meng goed.
Pak ‘n lagie Tennisbeskuitjies, dan lagie kondensmelk room en malvalekkermengsel, dan lagie sjokolade en herhaal tot bestandele op is.
Strooi die fyn Oreos bo-op (laat dit lyk soos grond).
Sit in yskas vir 3 na 4 ure.
Druk dan die 6 takkies kruisement in net voor bediening.
Resep geplaas deur Stephan Von Der Fecht
Foto: Stephan Von Der Fecht