Your Recipe Blog

PAPAJAKONFYT

PAPAJAKONFYT

Resep en foto:  Petra Venter
Ek het vandag weer papajakonfyt gekook. Ek gebruik ryp papajas daarvoor.
Hierdie konfyt is heerlik. Maak dit gerus.

  • 3,2 kg papaja geskil en in blokkies gesny
  • 3.2 kg suiker
  • fyn gerasperde skil van 3 suurlemoene
  • 560 ml suurlemoensap
  • Skil die papajas en sny in klein blokkies.
  • Plaas in lae in ‘n groot pot, met gelyke hoeveelheid suiker.
  • Laat staan oornag om stroop te trek of maak soos ek en plaas dit vroegoggend in die pot en kook dan die namiddag.
  • Voeg die gerasperde geel skil van 3 groot suurlemoene by.
  • Plaas kastrol op plaat en op medium hitte, tot suiker gesmelt is.
  • Roer gereeld. Kook vir 30 min.Voeg die 560 ml suurlemoensap by.
  • Maak die binnenste boonste deel van die pot met ‘n kwassie, wat in kookwater gedoop word, skoon.
  • Smeer die deel wat jy skoongemaak het met botter.  Dit verhoed dat die konfyt nie oorkook nie.
  • Stel die plaat op hoog en kook tot die konfyt dikker, helder en die stukke deurskynend begin word.
  • Roer gereeld, veral teen die einde, sodat dit nie vasbrand nie.
  • Plaas ‘n piesing in die vrieskas om op te toets later.
  • Kook vir 1 uur ongeveer.
  • Verwyder van hitte af en maak met ‘n staafmenger fyn.
  • Toets ‘n bietjie konfyt op ‘n piering, wat jy vooraf in die vrieskas geplaas het.
  • Skep in gesteriliseerde bottels, verseël en plaas onderstebo, sodat die deksels seël.
  • Nota:  
  • Vir elke 1 kg papaja gebruik 175 ml suurlemoensap
  • As jy van die stukke hou kan jy dit heel hou.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page