Your Recipe Blog

PANZANELLA SLAAI

PANZANELLA SLAAI

Hoeveel keer sit jy nie met ‘n stuk Ciabatta oor, en weet net jy mág dit nie net vermors nie, maar as jy dit môre durf eet, is jou verhemelte môre een rou seer.  Tot jy hierdie ongelooflike Italiaanse broodslaai met die oorskietbrood maak.

  • oorskiet suurdeegbrood, in stukke gesny
  • olyfolie
  • Italiaanse tamaties
  • rooi en geel repies soetrissie
  • knoffel, na smaak

Gooi ‘n lekker skeut olyfolie in wok en braai broodbrokke in lekker warm olie tot tot lekker “crispy”.
Skep uit en roerbraai ‘n pakkie of twee klein Italiaanse tamaties, rooi- en groen soetrissies en knoffel tot tamaties se skille lekker oopbars.

  • Slaaisous:
  • 3 eetlepels kappertjiesaad, of na smaak
  • ¼ koppie olyfolie
  •   koppie rooiwynasyn
  • 1 rooi ui, fyn gesny, opsioneel
  • 8 ansjovisfilette, opsioneel

Meng bogenoemde lekker saam en sprinkel oor die broodslaai, laat die slaaisous die brood en tamatie-mengsel infiltreer vir omtrent ‘n uur.

Om te bedien:
Meng baba-spinasieblaartjies of gemengde slaaiblare en lekker baie gekapte pietersielie  by die broodslaai en bedien.
Heerlik saam met veral Italiaanse geregte of enigiets, want dis nét liplekker!!

Foto en resep: Laetitia Burger

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page